Spyskaart +

Kranslegging en memorandum by Mthethwa se kantoor

Januarie 14, 2015 deur Jaen

25 Mei 2012

AfriForum het saam met slagoffers, wie se geliefdes op plase vermoor is, ‘n kranslegging voor die minister van polisie se kantoor in Pretoria gehou. ‘n Totaal van 1445 rose is neergelê, wat verteenwoordigend is van die aantal vermoorde boere wat in die eerste uitgawe van die boek Treurgrond opgeteken is ( die tweede uitgawe bevat 1610). ‘n Memorandum in aan kol. Simon Chabangu, Mthethwa se persoonlike sekretaris oorhandig. In die Memorandum word gevra dat plaasmoorde tot prioriteitsmisdaad verklaar word en dat spesialiseenhede vir landelike veiligheid geskep word. Na afloop van die aksie is ‘n kennisgewing van die ontvangs uitgereik. Geen verdere optrede het plaasgevind nie en geen verdure terugvoer is ontvang nie.