Krag bly aan in Aliwal-Noord en Burgersdorp danksy druk van AfriForum


’n Groot bron van kommer vir die inwoners van Aliwal-Noord en Burgersdorp is dat daar nie genoegsame elektrisiteitsvoorsiening sal wees vir die komende feesseisoen nie.
Khayelihle Mpungose, administrateur van die Walter Sisulu Plaaslike Munisipaliteit, het egter op Dinsdag 27 November 2018 tydens ’n vergadering aan AfriForum bevestig dat dié dorpe se elektrisiteit tydens die feesseisoen in Desember 2018 en Januarie 2019 sal aanbly. Verskeie diensleweringskwessies is ook tydens dié vergadering bespreek.
AfriForum het ook tydens hierdie vergadering aandag op munisipale skulde van raadslede en amptenare gevestig, waarop die munisipale bestuur aan AfriForum skuld erken het en ’n onderneming van die skuldenaars gegee het om die agterstallige gelde in die voorsienbare toekoms terug te betaal.
’n Opvolgvergadering met die pasaangestelde munisipale bestuurder, Feseka Ntlemesa is voorlopig vir 6 Februarie 2019 beplan.

“AfriForum verwelkom Mpungose se onderneming dat elektrisiteit tydens die feesseisoen sal aanbly,” sê Lize-Mari Smit, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Karoo.

Maak ’n verskil in jou gemeenskap deur betrokke te raak: SMS “Aliwal-Noord” na 32532 (R1) om by jou naaste AfriForum-tak aan te sluit.
 

Soortgelyke plasings