Donasies
Dra tot ons projekte en aksies by
Baie dankie dat jy dit oorweeg om ’n skenking aan AfriForum te maak – enige bedrag is welkom en help ons om ons belangrike werk voort te sit. Ons waardeer dit opreg.
Gebruik GivenGain om ’n maklike, veilige aanlyn skenking te maak:
Dit is veral maklik vir internasionale en plaaslike ondersteuners wat graag ’n eenmalige of herhalende skenking wil maak.
SOLIDARITEIT BEWEGING SE NOODFONDS
Die Solidariteit Beweging het ’n noodfonds in die lewe geroep om die maatskaplike nood wat as gevolg van die Covid-19-krisis gaan ontstaan, te verlig.
AFRIFORUM
Skenk geld aan AfriForum om te help verseker dat die Afrikaner as minderheidsgroep vry, veilig en voorspoedig aan die suidpunt van Afrika kan voortbestaan.
TAKNOODFONDS
AfriForum se takke sal skenkings vanuit die gemeenskap gebruik om op plaaslike vlak probleme voortspruitend uit die COVID-19-pandemie aan te spreek.
KRISISFONDS
Hierdie fonds is daarop gemik om eenmalige krisisse die hoof te bied, byvoorbeeld die Hoërskool Overvaal- of Laerskool Schweizer-Reneke-probleme.
NOODFONDS
Die noodfonds is daarop gerig om nood te verlig, byvoorbeeld tydens die droogte in die Wes-Kaap, en die brande in Knysna en George.
REGSFONDS
Die regsfonds stel ons in staat om mense soos Julius Malema en die EFF hof toe te neem, asook om AfriForum se privaatvervolgingseenheid onder leiding van adv. Gerrie Nel te bedryf.
SLAGOFFERONDER-
STEUNINGSFONDS
Hierdie fonds is gestig om slagoffers van geweldsmisdaad en plaasaanvalle met berading en ander hulpmiddels by te staan.
VEILIGHEIDSKAPITAALFONDS
Hierdie fonds stel ons in staat om ons gemeenskappe te beveilig deur ons buurtwagte van onmisbare hulpmiddels te voorsien en beheerkamers op te rig.
WILMIEN POTGIETER-FONDS
’n Ondersteuningsfonds vir kinderslagoffers van plaasmoorde. Omdat hulle dikwels klein is en nog nie oor die vermoë beskik om hulle gevoelens te verwoord nie, treur hulle in stilte en praat hulle nie oor hulle vrese nie.
EFT direk aan ’n fonds:
As jy ’n bedrag via EFT aan AfriForum vir een van die fondse wil skenk, kan jy die volgende bankbesonderhede gebruik:
Banknaam: First National Bank
Rekeninghouer: AfriForum NPC
Takkode: 261550
Rekeningnommer: 62349898398
SWIFT-kode: FIRNZAJJ
Verwysing: (Die fonds se naam)