Kommer oor Wes-Kaapse polisielede se wapenbevoegdheid – AfriForum rig skrywe aan provinsiale polisiekommissaris


Die burgerregte-organisasie AfriForum is bekommerd oor Wes-Kaapse polisielede se bevoegdheid in die hantering van vuurwapens. Dít volg ná mediaberigte dat 4 556 polisielede nie die vuurwapenbevoegdheidstoets in die 2017/2018-boekjaar kon voltooi nie. AfriForum het daarom ’n skrywe aan lt.gen. Khombinkosi Jula, die Wes-Kaapse polisiekommissaris, gerig en optrede versoek om hierdie syfer te verminder.
Die feit dat hierdie polisielede nie die toets kon voltooi nie, kan toegeskryf word aan verskeie faktore, onder meer die feit dat daar slegs een skietbaan vir SAPD-lede in die provinsie is. Hierdie baan is ook nie volkome op peil nie en daar was al ’n tekort aan ammunisie. Dit het tot gevolg dat SAPD-lede hul reeds moeilike taak sonder behoorlike wapenkennis moet verrig. Hierdie syfer het ook aansienlik vergeleke die 2016/2017-boekjaarsyfer, wat 3 101 was, toegeneem.

“Gemeenskappe in die Wes-Kaap kan nie bekostig dat dié syfer verder toeneem nie. Dit is ’n verdere bewys dat gemeenskappe self binne die raamwerk van die wet verantwoordelikheid vir hul veiligheid moet aanvaar,” sê Johandré van Zyl, AfriForum se streeksveiligheids­koördineerder vir die Wes-, Noord- en Oos-Kaap.

Sluit vandag by AfriForum se veiligheidstrukture aan: SMS “Veilig” na 45265.

Soortgelyke plasings