|

Klagtes teen Dwarskerbos-inwoners teruggetrek ná AfriForum ingryp

Adv. Phyllis Vorster, ’n aanklaer by AfriForum se privaatvervolgingseenheid, kon vandag daarin slaag om die staat te oorreed om klagtes teen gemeenskapslede van Dwarskersbos vir die beweerde oortreding van inperkingsregulasies terug te trek. Die eenheid staan ook op 16 Julie 2020 lede van die gemeenskap by in die munisipale ondersoek na die wangedrag van onder andere Jerome Pedro en Tertius Pool, verkeersbeamptes van die Bergrivier Munisipaliteit.

“Ons is so bly dat geregtigheid vandag kon seëvier. AfriForum het ‘n stem vir mense gegee wat moontlik andersins nie een sou hê nie,” het Ilze Visser, een van die gemeenskapslede oor die oorwinning gesê.

 

Soortgelyke plasings