|

Klag van strafbare manslag groter kopseer vir Duduzane Zuma

Duduzane Zuna, seun van oudpres. Jacob Zuma, wat vandag in die handelshof in Johannesburg op aanklagte van korrupsie verskyn het, is op borgtog van R100 000 vrygelaat.

Die saak wat verband hou met beweerde korrupsie en Zuma Jr. se beweerde aandeel en rol in die Guptas se pogings om Mcebisi Jonas, voormalige adjunkminister van finansies, met R600 miljoen om te koop, is tot 25 Januarie 2019 uitgestel.

Zuma is versoek om sy paspoort aan die ondersoekbeampte te oorhandig en indien hy wil reis, moet hy vooraf toestemming kry.

Terwyl die kollig vandag op die korrupsie-klag teen Zuma Jr. gefokus het, hang daar ’n groter swaard oor sy wanneer hy na verwagting eerskomende Donderdag op ’n aanklag van strafbare manslag moet verskyn.

Volgehoue druk deur AfriForum het ná ’n jaar daartoe gelei dat die NVG besluit het om Zuma Jr. wel te vervolg op ’n strafregtelike klagte van strafbare manslag. Die saak spruit uit ’n voorval in Februarie 2014 waartydens Zuma Jr. ’n motorongeluk veroorsaak het waarin Phumzile Dube op slag dood is. Adv. Nel het besluit om die Dube-gesin by te staan nadat hulle AfriForum genader het.

Soortgelyke plasings