Kill the Boer-boek ’n internasionale topverkoper op Amazon


AfriForum het vandag bevestiging ontvang dat die boek Kill the Boer – wat handel oor die wreedheid van plaasmoorde en die aandadigheid van die Suid-Afrikaanse regering in dié krisis – die status van internasionale topverkoper op Amazon ontvang het. Dit volg nadat die boek die topverkoper in ’n verskeidenheid van kategorieë in die VSA en die VK was. Amazon is volgens Wikipedia die grootste e-handelsmark en wolkrekenaarplatform ter wêreld, gemeet deur inkomste en markkapitalisasie.

Ernst Roets, outeur van die boek, spreek sy dank uit teenoor almal wat by die skryf van dié boek betrokke was, asook Kraal Uitgewers, wat die boek uitgegee het. Hy bedank in besonder die slagoffers van plaasaanvalle wat bereid was om hul verhale te deel.
Roets voeg by dat AfriForum van voorneme is om dié momentum te gebruik om die boek selfs verder te versprei deur bykomende boekbekendstellings te reël, waarvan die eerste in die VSA sal wees.
Die boek is beskikbaar op Amazon, Takealot, Kraal Uitgewers se webtuiste (www.kraaluitgewers.co.za) en boekwinkels in Suid-Afrika.

Soortgelyke plasings