Kempton Park-tak en SAPD beklink samewerkingsooreenkoms

 

Die AfriForum-tak in Kempton Park het onlangs hul samewerking met die plaaslike Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in Kempton Park bevestig. Die tak het ’n afskrif van die samewerkingsooreenkoms wat op 16 Januarie 2017 tussen AfriForum en die SAPD in Centurion gesluit is aan kol. Steven Moodley, stasiebevelvoerder, oorhandig.

“Die ooreenkoms het ten doel om kommunikasie tussen AfriForum en die SAPD te versterk. AfriForum-buurtwagte sal voortgaan om veiligheid te bevorder en gemeenskapsamewerking in die bekamping van misdaad aan te moedig,” sê Wico Swanepoel, AfriForum se provinsiale koördineerder vir Gauteng-Suid.
“Dit is verblydend om te sien dat die SAPD bereid is om met AfriForum-buurtwagte hande te vat en ons by te staan met projekte en inisiatiewe,” sê Jan Vermaak, voorsitter van die AfriForum-buurtwag in Kempton Park.

Soortgelyke plasings