|

Jonges woeker tydens AfriForum se 2018-internskap

Die burgerregte-organisasie AfriForum se internskapprogram vir studente en jong werkendes van verskeie AfriForum Jeug-takke het verlede week afgesluit.

Elf jongmense van onder meer die Universiteit van Pretoria (UP), die Universiteit van Stellenbosch (US), die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus (NWU), die Universiteit van die Vrystaat (UV), asook jeuglede van AfriForum-takke in Mosselbaai, Bloemfontein, Vanderbijlpark en Rustenburg het vanjaar aan die program deelgeneem.

Die program het afgesluit met voorleggings oor kwessies wat die deelnemers tydens die internskap geïdentifiseer het. Dié voorleggings moes in die vorm van ’n deeglike projekplan wees, wat bemarking- en finansiële beplanning insluit.

Die program word sedert 2014 jaarliks aangebied.

Soortgelyke plasings