Jeug in Marble Hall help om dorp nuwe gesig te gee


Die jeugvleuel van AfriForum se Marble Hall-tak het op 9 Februarie 2019 dié dorp se verwelkomingsmonument opgeknap en ook ’n rotstuin voor die monument aangelê.

Matthew Brougham-Cook en Francois Hofman het saam besluit om hierdie opknappingsprojek aan te pak. AfriForum Jeug het die voortou geneem en die fondamente gelê waarop toekomstige selfdoenaksies op dié dorp gebou kan word.

“Ek is trots op die voorbeeld wat die jeug van die Marble Hall-tak gestel het deur self inisiatief met hierdie projek te neem,” sê Bernard Pieters, AfriForum Jeug se nasionale koördineerder vir dorpstrukture.

Raak vandag nog by dié tak se jeugprojekte betrokke en help om ’n verskil te maak: Stuur ’n e-pos aan bernard.pieters@afriforum.co.za of SMS “Marble Hall” na 32687 (R1).

Soortgelyke plasings