Jeug in Kuruman help om kragtoevoer te herstel


Die jeugvleuel van AfriForum se Kuruman-tak het op 1 Februarie vanjaar begin om self die kragtoevoer na vier sektore in Kuruman te herstel nadat dié sektore vir nege dae sonder elektrisiteit moes klaarkom.
Sowel arbeid as toerusting is gratis beskikbaar gestel om die projek te voltooi. Die plaaslike Assmang-myn (Blackrock) het ook kabels ter waarde van R500 000 aan die projek geskenk. Rikus Grobbelaar van AfriForum Jeug was aan die stuur van sake en die krag is vroeg Saterdagoggend herstel.
Omdat die werksaamhede tot laat in die nag aan die gang was, het AfriForum se Kuruman-buurtwag seker gemaak dat die werkspan veilig was.

“Ek is ongelooflik trots om te sien dat soveel mense self verantwoordelikheid geneem het om weer kragtoevoer na hierdie vier sektore van ons dorp te herstel,” sê Gerald Tönsing, die jeugverteenwoordiger by AfriForum se Kuruman-tak.

Raak vandag nog by dié tak se projekte betrokke en help om ’n verskil te maak: Stuur ’n e‑pos na bernard.pieters@afriforum.co.za of SMS “Kuruman” na 32687 (R1).

Soortgelyke plasings