Jeffreysbaai #OnsDorp

AfriForum verbreed Jeffreysbaai se paaie

Beter verkeersvloei, beter paaie en mooier sypaadjies maak Jeffreysbaai #OnsDorp.

AfriForum se Jeffreysbaai-tak staan nie terug nie en het moue opgerol om hierdie vakansiedorp se paaie te verbeter. Dié tak skep met #Selfdoen ’n golf van hoop vir die toekoms en het St. Francisstraat vanaf Disa- tot Koraalstraat verbreed en verbeter. Dié golf gaan verseker dat die dorp se toekoms sonnig is en dat struikelblokke soos munisipale probleme nie die golwe breek nie.

Aangesien Jeffreysbaai so uitbrei en boonop ’n klomp vakansiegangers tydens die feesseisoen huisves, het AfriForum besluit om die paaie in die dorp te vergroot en te verbeter. AfriForum en die munisipaliteit het saamgespan en dié projek aangepak. Hierdie is ’n uitblinkerprojek wat gaan verseker dat verkeer vinniger vloei en dat die estetiese waarde van die Jeffreysbaai-omgewing van topgehalte is.

AfriForum is trotse inwoners van die gemeenskap en sal aanhou om #Selfdoenprojekte te dryf om ons gemeenskap te verbeter.

Ry saam met AfriForum op die golf van selfdoen en #SkepSaamHoop. Sluit aan en verseker dat #Selfdoenprojekte volhoubaar die toekoms in gaan. Die #OnsDorp-veldtog kan só jou en my gemeenskap verbeter.

Sluit aan. Verbeter jou gemeenskap. SMS jou NAAM na 32078 (R1).

Wil jy meer weet? Kry AfriForum se nuusbrief die Vonkpos.

Oops! We could not locate your form.

Soortgelyke plasings