|

Internskap 2019

Die burgerregte-organisasie AfriForum se internskapprogram vir studente en jong werkendes van verskeie AfriForum Jeug-takke het vandeesweek amptelik afgeskop.

Ses jongmense neem vanjaar aan dié program, wat sedert 2014 deur AfriForum aangebied word, deel.
Volgens Marike van As, opleidingsbeampte van AfriForum Jeug, het die internskap ten doel om ʼn verrykende ervaring te wees wat studente blootstel aan die verskillende bedrywighede van dié burgerregte-organisasie.

Tydens die internskapprogram sal interns onder meer leer hoe AfriForum en die Solidariteit-beweging se strukture werk, die geleentheid kry om saam met AfriForum se provinsiale koördineerders selfdoenprojekte aan te pak, woordvoerderopleiding ontvang en leer oor erfenisbewaring.

Soortgelyke plasings