Innoverende ondernemings met Tinteltong Toekennings bekroon


In samehang met die viering van Internasionale Moedertaaldag, wat jaarliks op 21 Februarie gevier word, beloon AfriVriendelik en AfriForum Netwerk innoverende Afrikaanse ondernemings.
Die Tinteltong Toekennings word daarom aan ondernemings of mense gegee wat dienste in Afrikaans lewer of Afrikaans bevorder deur kreatief met die taal om te gaan.
In 2016 was daar slegs 4 kategorieë waarin ondernemings benoem kon word, met 14 kategorieë in 2017. In 2019 spog die Tinteltong Toekennings met ’n allemintige 12 kategorieë en is die wenners se kreatiwiteit behoorlik tydens ’n toekenningsgeleentheid gevier.
AfriForum het in 2016 vasgestel dat 30% van die Suid-Afrikaanse mark Afrikaans is en wil daarom voortgaan om ondernemings wat dienste in Afrikaans aanbied, te beloon. AfriForum hoop dat dié wenners ander ondernemings asook verbruikers sal aanspoor en inspireer om in die taal van hul hart sake te doen.
Die benoemings en wenners in die onderskeie kategorieë vir 2019 is soos volg:
 
Tinteltong Toekenning vir die oulikste Afrikaanse naam:
Bril.
Net ’n Kameel
Die Bees
Die wenner: Bril.
 
Tinteltong Toekenning vir die mooiste handelsmerk:
Elsje Designs
The Allora Collection
The Wooden Spoon
Die wenner: The Wooden Spoon
 
Tinteltong Toekenning vir smullekker Afrikaanse kos:
Boervrou Deli
Vanilla & Co.
Coco Vanilla Foods
Die wenner: Boervrou Deli
 
Tinteltong Toekenning vir die oulikste produk:
Jana Nel Design
Block and Blossom
MUSE
Die wenner: Jana Nel Design
 
Tinteltong Toekenning vir die beste gebruik van sosiale media:
Bril.
Vannie Kaap
Eden & Co.
Die wenner: Bril.
 
Tinteltong Toekenning vir ’n uitgewer wat Afrikaans bevorder:
LAPA Uitgewers
Protea Boekhuis
NB-Uitgewers
Die wenner: LAPA Uitgewers
 
Tinteltong Toekenning vir skaterlag uit jou maag:
Korrelkou
Pretti Cool Gifts
Vannie Kaap
Die wenner: Korrelkou
 
Tinteltong Toekenning vir foto’s wat Afrikaans praat:
Manie Mostert
Rina Lombard
Sonika Claassen
Die wenner: Rina Lombard
 
Tinteltong Toekenning vir diens van hoë gehalte:
Ai-Ai Event Styling
Outdoor Photo
GoZone Water
Die wenner: Ai-Ai Event Styling
 
Tinteltong Toekenning vir die oulikste e-kopie:
Lieflappies
Hadassah Clothing
Klerekas.com
Die wenner: Lieflappies
 
Tinteltong Toekenning vir die fraaiste produk of diens wat op kinders gemik is:
Poppie Lief
Luistervink Stories
Tiny Necessities
Die wenner: Poppie Lief
 
Tinteltong Toekenning vir die beste nuweling:
Klerekas.com
Registreer jou onderneming vandag nog op www.afriforumnetwerk.co.za – waar lede mekaar ondersteun.

Soortgelyke plasings