|

Innoverende Afrikaanse ondernemings met Tinteltong Toekennings bekroon

AfriVriendelik en AfriForum het op 19 Februarie 2020 – tesame met die viering van Internasionale Moedertaaldag wat jaarliks op 21 Februarie gevier word – innoverende Afrikaanse ondernemings tydens ’n glansgeleentheid in Pretoria beloon. Die Tinteltong Toekennings is vanjaar vir die vierde keer aangebied en het in 2016 die lig gesien toe slegs vier ondernemings met ’n pakkie in die pos beloon is vir wat hulle vir Afrikaans beteken.

Die Tinteltong Toekennings word aan ondernemings of mense toegeken wat dienste in Afrikaans lewer of Afrikaans bevorder deur kreatief met die taal om te gaan.

AfriForum het in 2016 vasgestel dat 30% van die Suid-Afrikaanse mark Afrikaans is en daarom wil AfriForum voortgaan om ondernemings wat dienste in Afrikaans aanbied, te beloon. AfriForum hoop dat dié wenners ander ondernemings en mense ook sal aanspoor en besiel om in die taal van hul hart sake te doen.

Die kategoriebenoemings vir 2020 was soos volg:

Tinteltong Toekenning vir die mooiste Afrikaanse naam:
Tamatiestraat
Dors
Storie mure
Sus & Boet
Wenner: Tamatiestraat

Tinteltong Toekenning vir ’n produk of diens gemik op babas of kinders – in Afrikaans:
Woelig
Kleine vlooi
Maaiki
Wenner: Woelig

Tinteltong Toekenning vir ’n kreatiewe slagspreuk – in Afrikaans:
Aitsa! {Eenvoudig stylvol}
RUAH {Koester jouself}
Kimono {Leef Kimono}
Sluk jou woorde {Elke sluk vertel ’n storie}
Wenner: Aitsa! {Eenvoudig stylvol}

Tinteltong Toekenning vir goeie diens – in Afrikaans:
Kuif & Baard
Petal’je
Berg en Dal-hondeherberg
Wiekus Viljoen privaat juwelier
Wenner: Kuif & Baard

Tinteltong Toekenning vir smullekker kos – in Afrikaans:
Michelle se Kombuis
Kooperasie Kroeg & Kos
Pure Plaas Mieliepap
Van der Linde Restaurant
Wenner: Michelle se Kombuis

Tinteltong Toekenning vir maklikste e-kopie – in Afrikaans:
Die Swartskaap
Komedie Winkel
Pure Dier
Die Bees
Wenner: Die Swartskaap

Tinteltong Toekenning vir ’n eg Afrikaanse produk:
BLIKIT
Die Timmerman en vroutjie
Griet & Kie
Kant & Krone
Wenner: BLIKIT

Tinteltong Toekenning vir sosiale media wat Afrikaans praat:
Pretpakkie
Flink.
Kwikstert
Frambroos
Wenner: Pretpakkie

Tinteltong Toekenning vir die mooiste handelsmerk – in Afrikaans:
Opgedollie
Waterbessiebos
Vinkel en Ko.
Hartelief
Wenner: Opgedollie

Tinteltong Toekenning vir ’n uitgewer wat ’n bydrae tot Afrikaans se voortbestaan lewer:
Protea Boekhuis
Malan Media
NB-Uitgewers
Naledi
Wenner: Protea Boekhuis

Tinteltong Toekenning vir nuweling van die jaar:
Kwikstert

AfriVriendelik bedank graag lede van die publiek wat gestem het en herinner die publiek om oulike ondernemings se besonderhede na afrivriendelik@afriforum.co.za te stuur sodat hulle vir 2021 se Tinteltong Toekennings in aanmerking kan kom.

Registreer jou onderneming vandag nog op www.afriforumnetwerk.co.za.

AfriForum Netwerk – waar lede mekaar ondersteun.

Soortgelyke plasings