Inligtingsessie oor slagofferbystand vir AfriForum se Oos-Rand-buurtwagte


AfriForum se Brakpan-, Springs- en Germiston-buurtwagte het op 13 Junie 2019 ’n inligtingsessie bygewoon wat deur AfriForum se 911 Traumaslagofferondersteuningseenheid in Brakpan aangebied is. Izel Kruger en Magda Coetzee van AfriForum se hoofkantoor het dié sessie gelei en ongeveer 30 buurtwaglede het dit bygewoon.

“Met die sterk groei van die Oos-Rand-buurtwagte is dit van kardinale belang dat ons buurtwaglede ingelig bly oor hoe slagoffers benader moet word wanneer lede by ’n misdaadtoneel opdaag. Aangesien buurtwaglede bystand verleen tydens sensitiewe voorvalle, moet ons weet hoe om in hierdie situasies op te tree,” sê Gerhard Cilliers, voorsitter van AfriForum se Brakpan-tak.
“Die buurtwag wil ’n positiewe verskil in ons gemeenskap maak, maar ons is net so sterk soos ons ledetal. Ons doen daarom ’n beroep op die gemeenskap om by die AfriForum-tak betrokke te raak. Vir meer inligting kan lede van die publiek ons e-pos by oosrand@afriforum.co.za,” sluit Cilliers af.

Raak vandag by jou plaaslike AfriForum-buurtwag betrokke: SMS “Buurtwag” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings