| | | |

HULPBRONGIDS VIR COVID-19-GRENDELTYD EN ANDER KRISISTYE

Die COVID-19-pandemie het Suid-Afrika net soos die res van die wêreld tot stilstand gebring. Dit het nie net ’n groot impak op volwassenes en kinders se fisiese gesondheid nie, maar kan ook ’n geweldige impak hê op ons emosionele welstand. In hierdie onsekere tyd probeer almal aanpas by die nuwe “normaal”.

AfriForum het besluit om hande te vat met Impact Therapy Centre deur die gids wat die sielkundige Ashleigh Yaman opgestel het te vertaal. Hierdie gids is belangrik omdat dit kinders en volwassenes (ouers en onderwysers) bemagtig met tegnieke om tye wat deur angs en gevoelens van oorweldiging gekenmerk word te hanteer. In hierdie tyd neem frustrasie toe en angsvlakke styg geweldig. Die feit dat daar nie met sekerheid bepaal kan word wanneer die virus en sy oorsake tot ’n einde gaan kom nie bring groot uitdagings vir almal se emosionele welvaart mee. Dit is dan juis goed dat daar ’n gids soos hierdie in plek is. Ons is daarom dankbaar dat ons op hierdie manier saam met Ashleigh Yaman en Impact Therapy Centre kan werk. Dankie! Selfs in die post-COVID-19-tydperk sal hierdie gids steeds bruikbaar wees wanneer volwassenes weer al die stukke moet optel. Hulle kan dalk oorweldig voel as hulle weer moet gaan werk, dalk weer nuwe werk moet soek. Skole, onderwysers en leerders sal moontlik by ’n aangepaste kurrikulum moet aanpas; die gewone roetine van die jaar kan moontlik ook verander en dan moet almal by ’n nuwe roetine aanpas.

Die tegnieke in hierdie gids is vir enige krisis bruikbaar, onder andere boeliegedrag by kinders, en die gids kan deur ouers, onderwysers en leerders gebruik word. Dit is veral vir AfriForum Junior Jeugleierskap belangrik om om te sien na ons land se kinders en hulle veiligheid – fisies sowel as emosioneel.

Ons is oortuig dat hierdie gids ’n verskil sal maak in baie lewens!

Leandie Bräsler
AfriForum: Bestuurder vir Junior Jeugleierskap
E-pos: leandie.brasler@afriforum.co.za

Laai die gids hier af.

Soortgelyke plasings