Spyskaart +

Hou God in skole

gis
September 11, 2015 deur afriministrator

Het jy geweet,

Ses Afrikaanse skole word tans voor die hof gedaag in ʼn poging om skole te verbied om godsdiens te beoefen.

Sou die hofaansoek slaag, sal dit negatiewe gevolge vir alle skole se godsdiensbeleid inhou. AfriForum help die skole om te veg vir die behoud van godsdiens en het reeds meer as R2 miljoen aan regskostes bygedra, maar die stryd is nog nie verby nie en ons moet soveel moontlik doen om te wys hoe belangrik dié saak vir ons is.

As deel van AfriForum se veldtog vir die behoud van godsdiens in skole het ons twee nuwe projekte wat ons binnekort gaan aanpak.

AfriForum, Hykie Berg, atthoo, Random Moments of Faith, Real Women for God en Laerskool Jacobsdal se stapstewels en sokkies staan gereed vir ʼn staptoer in die Drakensberge ter behoud van godsdiens in skole.

Dié dapper stappers daag ander skole uit om soortgelyke projekte aan te pak om dié veldtog te versterk. Ondersteun die staptoer en hofsaak en skenk R10 deur jou naam en BERG te SMS na 38313.

AfriForum en ds. Henk Stavast van die Gereformeerde Kerk Totiusdal vat ons fietsprojek verder deur aan te hou trap vir godsdiens in skole!

Kyk uit vir AfriForum se nuwe, opwindende projek by jóú skool. Ons gaan kilometers insamel ter behoud van godsdiens in skole.

Jy kan ook die hofsaak steun deur jou naam en FIETS te SMS na 38315 en R10 te skenk.

WYS JOU STEUN VIR DIE BEHOUD VAN GODSDIENS IN SKOLE en TEKEN hierdie PETISIE.

Naam

Selnommer

Bepalings en voorwaardes geld.

Hope In ACTion

Hope In ACTion bring hoop, ondersteuning en genesing vir mense wat in die web van dwelmafhanklikheid, alkoholisme en ander maatskaplike probleme vasgevang is.

Ons glo dat alle volwassenes, veral ouers, ingelig moet wees oor die sosiale druk en gevare waarmee kinders en gemeenskappe vandag worstel. (Registreer gratis by www.hopeinaction.co.za).

Hope In ACTion bring ’n netwerk van geloofwaardige organisasies, behandelingsfasiliteite en professionele persone in aanraking met mekaar, en dra hulle waardevolle kennis gratis aan ons lede oor.

Ons fokus op hoop en die oplossing van probleme. Dit word gedoen in die vorm van blogs, e-boeke, nuusbriewe, aanlynberading, opvoedkundige produkte asook aanlynvideo’s. Die volgende areas word behandel: Dwelmmisbruik, alkoholmisbruik, dwelmgebruik-versteurings, eetsteurnisse by tieners, alkoholisme, seksverslawing, pornografie, gevare van sosiale media, interafhanklikheid, depressie, selfverminking, bipolêre gemoedsversteuring, ADHD, ‘borderline’ persoonlikheidsversteuring, trauma, mensehandel (human trafficking), afknouery, algemene gesondheid en vele meer. Lede word opgelei en bemagtig en sal altyd weet waar en hoe om aksie te neem wanneer ondersteuning benodig word.

www.hopeinaction.co.za

Random Moments of Faith

Random Moments of Faith is gebore uit die vertel van mense se stories in geloof.  Die deel van hierdie ervarings en jou verhouding met God laat werklik wonderwerke gebeur. Geloof word prakties en lewendig wanneer mense hulle liefdesverhouding met God en met ander deel. Ons doen dit deur video-opnames te maak van getuienisse en dit aanlyn te versprei.

Om mense op dié manier met mekaar te verbind is ’n platform wat vir almal toeganklik is nodig. Ons wil ’n omgewing skep waar mense lukrake oomblikke van geloof met mekaar kan deel, vry van enige oordeel of georganiseerde godsdiens, maar ook nie beperk daartoe nie. Ons wil vir mense die geleentheid bied om die stem van God te vind en die openbaring te deel.

www.rmof.org.za

Real Women for God

Real Women for God is ’n wêreldwye vroue-bediening wat die harte van vroue raak deur die getuienis en lewenservarings van Anicka Luyt. Die Real Women for God-bediening het ten doel om vroue te inspireer, te lei en geestelik en emosioneel te genees deur middel van die krag van Jesus Christus. Vroue is waardig, mooi, pret en is wonderbaarlik geskep. Elke vrou is God se oogappel. Real Women for God bring vir alle vroue weer hoop.

www.realwomenforGod.com

attooh!

Die attooh!-groep van maatskappye is ‘n toonaangewende verskaffer van versekering-verwante dienste in Suid-Afrika en is vir die tweede agtereenvolgende jaar deur die Discovery-groep aangewys as die beste Finansiële Adviseursgroep en die vinnigste groeiende versekeraar in die land. Wouter Snyman, stigter en HUB, is ook pas aangewys as Titan HUB van die Jaar.

www.attooh.co.za