Die volgende aksies is reeds as deel van die “Hoe lank nog”-veldtog deur AfriForum uitgevoer:

  • 2012-05-24 Kranslegging vir die slagoffers van plaasmoorde
  • 2012-06-19 Stap teen geweld-protesoptog na die Uniegebou
  • 2012-08-28 War of the Flea-fliekvertoning en afskop van die Stop die Moorde-veldtog (gevolg deur fliekvertonings op kampusse)
  • 2012-10-24 Memorandums oor plaasmoorde en afskrifte van Treurgrond aan 100 ambassades, internasionale en buitelandse instansies gepos
  • 2012-11-24 Stap teen geweld na die Parlement in Kaapstad
  • 2012-11-27 Bekendstelling van verslag oor plaasmoorde saam met Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI)
  • 2012-11-30 Dag van Protes teen plaasmoorde – memorandums by polisiestasies regoor Suid-Afrika ingedien
  • 2012-11-30 AfriForum Jeug-protesoptog teen plaasmoorde in Bloemfontein
  • 2012-12-01 Protesoptog teen plaasmoorde na die minister van polisie se kantoor
  • 2012-12-10 Klag teen die minister van polisie by die Openbare Beskermer
  • 2013-01-17 Oorhandiging van 100 klagtes deur slagoffers van plaasmoorde aan die minister van polisie
  • 2013-05-30 Klagtes teen plaasmoorde by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie ingedien
  • 2013-06-16 Kranslegging by die Witkruismonument, buite Potgietersrus (Mokopane)
  • 2013-06-19 Konferensie en bekendstelling van ’n verslag oor polisienalatigheid by plaasmoorde
  • 2013-09-09 Afskop van die Hoe Lank Nog-petisie teen plaasmoorde
  • 2013-11-27 Voorlegging oor plaasmoorde by die Verenigde Nasies
  • 2014-01-23 Aksieplan teen plaasmoorde bekendgestel

AfriForum het ’n verskerpte veldtog teen plaasmoorde bekendgestel. Dit volg ná die vlaag plaasaanvalle wat die land sedert die begin van die jaar geteister het. Sedert die begin van 2014 is 24 insidente op plase en kleinhoewes aan AfriForum gerapporteer, waartydens minstens drie boere vermoor is.

Die aksieplan sluit ’n verskerpte bewusmakings- en protesveldtog in, waarmee verdere druk op die minister van polisie, Nathi Mthethwa geplaas sal word om plaasmoorde te prioritiseer, sowel as ’n uitgebreide plaaslike selfdoenstrategie.

Die burgerregte-organisasie het ook vandag aangekondig dat hy ’n taakspan sal saamstel om ʼn omvattende studie oor plaasmoorde te doen. Vir hierdie projek sal ʼn verskeidenheid gevallestudies regoor die land onderneem word. Onderhoude sal met slagoffers, naasbestaandes, plaaswerkers en veroordeelde plaasmoordenaars gevoer word om vrae om die verskynsel te verklaar.

Die plaaslike selfdoenstrategie sal die volgende projekte regoor die land insluit:

  • Patrolliestelsels/Sigbare polisiëring
  • Radionetwerke
  • Insidentbeheerstelsels
  • Voltyds bemande beheerkamers
  • Privaat noodhulp en dienste

AfriForum is reeds besig is om ’n projek vir die ondersteuning van slagoffers van plaasmoorde saam te stel.

AfriForum het ook ’n platform geskep waar lede van die publiek plaasaanvalle kan aanmeld, sodat dit onder AfriForum en die departement van polisie se aandag gebring kan word. Klik hier om inligting oor ‘n plaasaanval met ons te deel.

 

AfriForum het in November ‘n voorlegging by die Verenigde Nasies se Forum vir Minderheidsaangeleenthede in Geneve, Switzerland ingedien. Die voorlegging het oor die stand van minderheidsregte in Suid-Afrika gehandel en het spesifiek op plaasmoorde fokus. AfriForum het ‘n petisie saam met die voorlegging ingedien as bewys van die hoë vlakke van frustrasie wat onder Suid-Afrikaners heers oor die minister van polisie se lakse houding jeens plaasmoorde. Ons het egter steeds jou steun nodig om verdere druk nationaal en internasionaal toe te pas.

Teken die petisie en verklaar jou steun tot die veldtog. Moedig asseblief ook jou kontakte aan om dieselfde te doen.

 Ek ondersteun AfriForum se veldtogte en oorweeg dit om aan te sluit

Bepalings en voorwaardes geld.