Spyskaart +

Hidrobrekingpetisie

Myn
Junie 28, 2016 deur afriministrator

Hidrobreking verwys na die proses waartydens rots deur ’n vloeistof onder hoë druk gebreek word om natuurlike gas uit skalierotslae diep onder die aarde vry te laat.

Miljoene liter water word gebruik om slegs een gat te ontgin, en duisende gate kan geboor en ontgin word – met rampspoedige gevolge vir die omgewing. Die is veral kommerwekkend as ons die land se watertekort in gedagte hou.

Daar is beter volhoubare energie-oplossings wat tot voordeel van mens en natuur aangewend kan word. Daarom loods AfriForum ’n petisie teen dié gevaarlike en ekonomies onseker tegnologie.

Hidrobreking word in die volgende gebiede oorweeg:

  • Vrystaat
  • KwaZulu-Natal
  • Karoo

Jy kan help. Voeg jou naam by ons petisie en vra jou vriende en familie om ook die petisie te ondersteun.