Hennopsrivier-buurtwagte verwyder marijuanaplante


AfriForum se Hennopsrivier-buurtwagte het op 8 Februarie 2018 tydens ’n sigbaarheidsoperasie op ’n aantal marijuanaplante afgekom wat in ’n veld geplant is. Dié buurtwagte het die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) versoek om die marijuanaplante te verwyder, waarna ’n bakkievrag van hierdie plante vanaf die toneel weggery is.

“Ons is dankbaar vir ’n gemeenskap wat betrokke is by die beveiliging van hul omgewing, asook vir die uitstekende optrede deur die SAPD. ’n Gevestigde en effektiewe veiligheidsnetwerk is die sleutel tot die bekamping van misdaad,” sê Izak Pieterse, voorsitter van die veiligheidsportefeulje van AfriForum se Hennopsrivier-tak.
“Hierdie is ’n goeie voorbeeld van hoe effektief veiligheidsinstansies kan wees as hulle saamwerk om ’n gemeenskaplike doel te bereik. Misdaad raak almal en daarom doen AfriForum ’n beroep op gemeenskappe om toenemend betrokke te raak by die veiligheidsnetwerke wat geskep word,” sê Lambert de Klerk, AfriForum se distrikskoördineerder vir Gauteng-Noord.

Vir meer inligting oor hoe om by ’n buurtwag binne die Tshwane-metro aan te sluit, stuur ’n e-pos na lambert.deklerk@afriforum.co.za.

Soortgelyke plasings