|

#HardloopvirHoop: Bennie Roux sluit suksesvol sy wedloop af

“Ek wou met hierdie projek bewusmaking oor plaasmoorde en -aanvalle skep en ook die erns van die trauma wat met hierdie gruwelmisdade gepaardgaan aan die publiek oordra. Hierdie projek het net weer eens die dapperheid geopenbaar van diegene wat plaasaanvalle moes deurmaak,” sê Bennie Roux, ultramaratonatleet wat saam met AfriForum se Trauma-ondersteuningseenheid gehardloop het om geweldslagoffers – veral slagoffers van plaasaanvalle en -moorde – te ondersteun met die #HardloopVirHoop-veldtog.

Die veldtog het vandag suksesvol geëindig en Roux, die ander atlete, asook inwoners van Fouriesburg en Bethlehem het vandag vanaf Fouriesburg na die Oranje Gasteplaas se Roosfees gehardloop. Jy kan steeds ’n bydra lewer. Besoek www.virhoop.co.za vir meer inligting.

Soortgelyke plasings