Groter Brandwag-plaaswag en SAPD hou gesamentlike sigbaarheidsaksie


Op 19 Februarie 2019 het die burgerregte-organisasie AfriForum se Groter Brandwag-plaaswag ’n hoësigbaarheidsaksie saam met die Da Gamaskop-polisiestasie gehou.
Altesaam 38 plaaswaglede het in 20 voertuie gesamentlik meer as 1 000 kilometer afgelê.

“Ons wil graag die Da Gamaskop SAPD bedank vir hul goeie voorbereiding en toegewydheid gedurende dié aksie. Verder wil ons dankie sê aan elke plaaswaglid wat hul tyd beskikbaar gestel het om ons gebied te help beveilig,” sê Murray van der Merwe, voorsitter van AfriForum se Groter Brandwag-plaaswag.
“Die aand was ’n reusesukses sonder ernstige voorvalle,” sluit Van der Merwe af.

Sluit vandag by AfriForum se veiligheidstrukture aan: SMS “Veilig” na 45265.

Soortgelyke plasings