--> -->
Spyskaart +

Grondeis

Januarie 30, 2019 deur Admin

Daar is  ’n grondeis op groot dele van Centurion wat sowat 4 000 hektaar beslaan, en verskeie mense word deur dié grondeis geraak. AfriForum het reeds formeel kennis aan die grondeisekommissie gegee dat die organisasie dié eis sal teenstaan.

Die finale beswaar word deur AfriForum op 20 Februarie 2019 ingedien.

Kom gee AfriForum jóú mandaat:

Datum: 19 Februarie 2019
Tyd: 19:00
Plek: Leriba Lodge, Endstraat 245, Centurion

  • AfriForum nooi die publiek uit om die vergadering by te woon. Dit is jóú geleentheid om beswaar aan te teken.
  • Indien jy nie die vergadering kan bywoon nie, of in ander gebied woon en wil keer dat dit in jou area gebeur, gee jou mandaat hier:
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Lees meer hier:

Forum Nuus-artikel

Mediaverklaring