|

Grafte van historiese figure skoongemaak tydens Maand van Selfstandigheid

Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag as deel van hul Maand van Selfstandigheid-veldtog die Heldeakker-begraafplaas in Pretoria skoongemaak. Dié begraafplaas is in 1867 geopen en is die rusplek van historiese figure soos Andries Pretorius, Eugène Marais en Paul Kruger. AfriForum het dit goed gedink om dié skoonmaakaksie spesifiek vandag aan te pak ter herdenking van Paul Kruger se verjaarsdag. Volg die burgerregte-organisasie op sosiale media deur die loop van die maand om te sien hoe ander vrywilligers óók ʼn verskil in hul dorpe maak.

Soortgelyke plasings