Spyskaart +

Goedgekeur sonder gemeenskapsdeelname!

uitbreiding-goedgekeur-sonder-gemeenskapsdeelname-icon-afr
Februarie 1, 2017 deur Admin

Nuwe uitbreiding in Vaalharts goedgekeur sonder gemeenskapsdeelname!

Is jy keelvol vir Phokwane Plaaslike Munisipaliteit wat jou belasting op ander aksies mors terwyl Vaalharts se munisipale dienslewering agteruit gaan?

Die gemeenskap van Vaalharts wil deelname hê in Phokwane Plaaslike Munisipaliteit se aksies en wil hê dat:

– die munisipaliteit moet ag slaan op publieke deelname;
– impakstudies gedoen moet word;
– huidige dienslewering eers op standaard moet kom; en
– infrastruktuur eers herstel moet word in die bestaande areas.

’n PAIA-aansoek word ingedien by die munisipaliteit waarin AfriForum namens sy lede die nodige dokumente aanvra.

AfriForum is nie gekant teen nuwe uitbreidings nie, maar reëls en regulasies moet gevolg word.

Gee AfriForum se Vaalharts-tak jou mandaat, wat ons in staat stel om die petisie en PAIA-aansoek aan die munisipale bestuurder te oorhandig om Vaalharts se munisipale dienslewering op standaard te bring en te luister na die behoeftes van die gemeenskap.

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.