Vertel jou verhaal: Gesondheidsverslag

Jou storie kan help om lig op die toestand van mediese sorg in Suid-Afrika te werp, sodat dit hopelik verbeter kan word.

Ondanks die tesourie se toekenning van R717 miljard vir gesondheidsdienste vir die 2019/2020-finansiële jaar en ruim toekennings in vorige jare, is daar steeds vele mense wat onder swak mediese sorg ly.

 

Burgery kan swak mediese sorg op verskeie maniere ervaar, onder meer weens onbekwame of onwillige personeel, ontoereikende fasiliteite, lang rye, korrupsie, diefstal, mediese nalatigheid en ’n tekort aan medisyne en mediese toerusting.

 

AfriForum ontvang talle klagtes oor hospitale en is daarom besig om ’n verslag oor die toestand van hospitale en klinieke saam te stel om plaaslike en internasionale aandag op hierdie kwessie te vestig. Die verslag sal by die minister van gesondheid ingedien word om hom te wys op die lyding wat sommige mense moet deurmaak wanneer hulle juis mediese versorging nodig het. AfriForum gaan die verslag ook by die Wêreldgesondheidsorganisasie indien om die internasionale gemeenskap oor die toestand van Suid-Afrikaanse gesondheidsorg in te lig. AfriForum sal ook in sekere gevalle voorstelle vir verbetering maak en hoop dat hierdie verslag genoegsame druk op die departement sal uitoefen om sy huis in orde te kry.

 

Ons wil jóú storie hoor. Indien jy, of iemand van wie jy weet, deurgeloop het by enige hospitaal of die ellendige toestand van ’n hospitaal ervaar het, deel dit met ons. Indien jy bereid is om jou besonderhede bekend te maak, kan AfriForum jou storie in ons verslag opneem.

Soortgelyke plasings