Gesondheidsdienste – ons wil jou storie hoor.

Ondanks die tesourie se toekenning van R717 miljard vir gesondheidsdienste vir die 2019/2020 finansiële jaar en ruim toekennings in vorige jare, is daar steeds vele mense wat ly onder swak mediese sorg.

Burgery kan swak mediese sorg op verskeie maniere ervaar, onder meer weens onbekwame of onwillige personeel, ontoereikende fasiliteite, lang rye, korrupsie, diefstal, mediese nalatigheid en ’n tekort aan medisyne en mediese toerusting.

AfriForum kry menige klagtes oor hospitale en is daarom besig om ’n verslag oor die toestand van hospitale en klinieke op te stel om plaaslike en internasionale aandag op hierdie kwessie te vestig. Die verslag sal by die minister van gesondheid ingedien word om hom te wys op die lyding wat sommige mense moet deurmaak wanneer hulle juis mediese versorging nodig het.

AfriForum gaan die verslag ook by die Wêreldgesondheidorganisasie indien om die internasionale gemeenskap van die toestand van Suid-Afrikaanse gesondheidsorg in te lig.

AfriForum sal ook in sekere gevalle voorstelle vir verbetering maak en hoop dat hierdie verslag genoegsame druk op die departement sal uitoefen om sy huis in orde te kry.

Ons wil jou storie hoor. Indien jy, of iemand van wie jy weet, deurgeloop het by enige hospitaal of die ellendige toestand van ’n hospitaal ervaar het, deel dit met ons. Indien jy bereid is om jou besonderhede bekend te maak, kan AfriForum jou storie in ons verslag opneem.

Jou storie kan help om lig te werp op die toestand van mediese sorg in Suid-Afrika, sodat dit hopelik verbeter kan word.

Oops! We could not locate your form.

Soortgelyke plasings