Geregtelike doodsondersoek na Kuga-oorledene: Verrigtinge hervat volgende week


John David Loud (’n Amerikaanse ingenieur), Ford se deskundige getuie, het gister in die Wes-Kaapse hoë hof in die geregtelike doodsondersoek na Reshall Jimmy sy getuienis in hoof afgehandel. Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, sal Loud eers op 3 Junie begin kruisondervra wanneer Loud van Amerika af terugkeer.

Die saak hervat Maandag 27 Mei wanneer Ford ’n versekeringsdeskundige as getuie gaan roep.

“AfriForum se privaatvervolgingseenheid is gereed om al Ford se getuies in hierdie saak te kruisondervra en sien uit na die geleentheid om hul getuienis te toets, sowel as ons eie deskundiges se weergawe van gebeure aan die hof bekend te maak,” sê Andrew Leask, ondersoeker by AfriForum se privaat vervolgingseenheid. 

Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, verteenwoordig die Jimmy-gesin. Jimmy het in Desember 2015 doodgebrand toe die Ford Kuga wat hy bestuur het aan die brand geslaan het. Die Ford Motormaatskappy is ook ’n party tot die verrigtinge. Dié ondersoek sal bepaal of Ford vir Jimmy se dood vervolg kan word.

Soortgelyke plasings