George-tak en polisie span saam teen misdaad


George se AfriForum-tak het op 17 Februarie 2017 ’n afskrif van die samewerkingsooreenkoms wat op 16 Januarie 2017 tussen AfriForum en die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in Centurion gesluit is, aan brig. Phumzile Cetyana, adjunk bevelvoerder van die Eden-kluster, oorhandig.

“Die ooreenkoms het ten doel om ’n geïntegreerde benadering te volg om veiligheid te verbeter en gemeenskapsamewerking in die bekamping van misdaad te bevorder,” sê Wessel Louw, veiligheidsvoorsitter van AfriForum se George-tak.
“Ons besef dat die SAPD nie die stryd teen misdaad in isolasie kan wen nie, daarom is samewerking tussen die SAPD en burgerlike veiligheidstrukture van kardinale belang,” sê Cetyana.
“Misdaad in stedelike gebiede, veral in woongebiede, neem daagliks toe en as die gemeenskap nie saam met die polisie aan ’n strategie werk om dit te bekamp nie, is die stryd verlore nog voor dit begin is,” sê Thomas van Dalen, AfriForum se koördineerder vir die Wes-Kaap.

Raak betrokke by jou plaaslike AfriForum-tak en -buurtwag deur “Buurtwag” na 45265  te SMS (R1 per SMS).

Soortgelyke plasings