Spyskaart +

Genoeg is genoeg! Jou belastinggeld word vermors

Maart 18, 2016 deur Admin

AfriForum het agt provinsies besoek waartydens strafregtelike klagtes ingevolge artikel 86(1) van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur, 1999 teen 13 provinsiale departementshoofde ingedien was.

Dié 13 departemente is deur die burgerregte-organisasie geïdentifiseer as die hoofbydraers tot onreëlmatige, vrugtelose, verkwistende en ongemagtigde uitgawes, wat altesaam R11,63 miljard van die totale vermorste bedrag van R28,26 miljard vir die 2014/2015-boekjaar beloop. Dié inligting is bekom uit die ouditeur-generaal (OG) se algemene gekonsolideerde jaarverslag.

AfriForum het jou steun nodig en moedig daarom die publiek aan om die nodige druk op die Nasionale Vervolgingsgesag te plaas deur ’n SMS met hul naam na 45352 te stuur (R1) of die klagtes hieronder te onderteken: