|

Genl. De la Rey-standbeeld weer skoon

Die AfriForum-tak in Lichtenburg het op 25 November 2019 die Genl. De la Rey-standbeeld in die dorp skoongemaak nadat vandale dit op 10 November 2019 met spuitverf beskadig het.

Die plaaslike AfriForum-tak het talle versoeke vanuit die gemeenskap ontvang om hierdie geskiedkundige standbeeld weer skoon te maak. Wentzel Pretorius het sy hoëdrukwaterspuit aan die tak beskikbaar gestel om die standbeeld skoon te maak.

“Geskiedenis is baie belangrik en speel ’n belangrike rol in ons lewe. Dit help ons om uit die verlede te leer en om beter besluite in die toekoms te neem, daarom moet hierdie monumente bewaar word vir die toekoms,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Marico.

Soortgelyke plasings