Gemeenskapsamewerking red kapingslagoffer


AfriForum-buurtwagte, die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), GE Response en die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) in die Bronkhorstspruit-gebied het op 6 Julie 2017 ’n kapingslagoffer wat ontvoer is gered en kort daarna ook sy gekaapte voertuig opgespoor.
Die slagoffer is in Zitobeni gekaap. Nadat plaaslike veiligheidsinstansies hiervan in kennis gestel is, is die slagoffer danksy uitstekende samewerking naby Egangala gevind. Sy voertuig is in KwaMhlanga deur AfriForum, GE Response en die GPF opgespoor. AfriForum 911 se nasionale gemeenskapveiligheidsentrum het ook ’n instrumentele rol gespeel om grondspanne op die regte spoor te sit.

“Deur goeie samewerking en flinke optrede was hierdie sukses moontlik. Ons vertrou dat daar in die toekoms al meer saamgewerk sal word om teen misdaad op te staan,” sê Shawn Scott, voorsitter van die veiligheidsportefeulje van AfriForum se Bronkhorstspruit-tak.
“Hierdie is ’n goeie voorbeeld van hoe effektief veiligheidsinstansies kan wees as hulle saamwerk – misdaad raak almal en gemeenskappe moet sover moontlik saamstaan in die bekamping daarvan,” sê Lambert de Klerk, AfriForum se streekskoördineerder vir Gauteng.

Sluit by AfriForum aan: SMS “BHS” na 45341 (R1).

Soortgelyke plasings