| |

Gauteng skoleregistrasie 2020

AfriForum het druk op Gauteng se onderwysdepartement uitgeoefen teen die aanvegbare aanlynregistrasiestelsel.

Die 2020-aanlynaansoekproses vir gr. 1 en gr. 8 is pas van 13 Mei 2019 na 20 Mei 2019 uitgestel.

VOORKOM dat jou KIND ’n SLAGOFFER van die stelsel word.
REGISTREER op 20 MEI 2019 vir die 2020-skooljaar. 

Vyf  belangrike punte om van kennis te neem vir Gauteng-skole se aanlyn aansoekproses vir die 2020-skooljaar

In Maart 2019 is die voorgestelde skoolregulasies vir die 2020-skooljaar ten spyte van baie teenkanting goedgekeur. Aanlynregistrasie vir Graad 1 en Graad 8 leerders begin op 20 Mei 2019 en sluit weer op 15 Julie 2019. Ons moedig alle ouers aan om op 20 Mei hul kinders te registreer om teleurstelling te voorkom.

Wat ouers moet weet:

 1. Wat behels die nuwe goedgekeurde skoolregulasies en hoe beïnvloed dit ouers?

  • Jy doen aansoek om jou kind(ers) vir die 2020-skooljaar te plaas, maar die departement van onderwys beheer die plasings – nie die skool van jou keuse nie.
  • Daar word nie vir taalkeuses voorsiening gemaak nie. Dus kan jou kind in ’n skool geplaas word waar hy/sy nie die onderrigtaal magtig is nie.
  • Plasings geskied binne ’n 30 km-radius wat beteken dat jou kind nie in die naaste skool of skool van jul keuse geplaas kan word nie, maar wel enige plek waar daar binne dié 30 km-radius plek is.
  • Beheerliggame se reg tot die bestuur van ’n skool word ingeperk. Beheerliggame sal steeds skoolbeleide soos taal, godsdiens, dissipline, ens. kan opstel maar die implementering van die beleide is slegs geldig en vind slegs plaas sodra die departement van onderwys dit goedkeur.

2. Ouers moet op 20 Mei 2019 so vroeg as moontlik registreer

  • Registreer eerste op 20 Mei 2019. (Registrasies open om 08:00.)
  • Webtuiste: gdeadmissions.gov.za.
  • Neem skermskote en druk dit uit sodat jy ’n volledige papierspoor as bewys van jou kind se registrasie het.
  • Sodra jy ’n SMS ontvang, moet die nodige dokumentasie (indien nie elektronies opgelaai nie) onmiddellik vir bevestiging na die skool geneem word.
  • Dokumentasie wat benodig word:
    1. Geboortesertifikaat van kind(ers);
    2. Immunisasiekaart;
    3. Oorplasingsbrief, indien leerder van ’n ander provinsie na Gauteng verhuis;
    4. Jongste skoolrapport; en
    5. Geldige studiepermit, soos uitgereik deur die departement van binnelandse sake, indien die leerder van die buiteland afkomstig is.

3. Indien jy op 20 Mei 2019 probleme met die registrasieproses ervaar:

Riglyndokument vir ouers – wat jy as ouer MOET weet.

Ouers moet asseblief hierdie dokument invul en aanheg by hul dokumentasie wat by die skool ingedien word, AS DIE STELSEL HULLE PLAAS BY ‘N SKOOL WAT NIE HULLE KEUSE IS NIE!

Mediaverklarings:

Aanlynskoleregistrasie uitgestel ná druk van AfriForum en SOS

AfriForum en SOS pak gebreke van Gauteng-aanlynskoleregistrasieplatform

Aanlyn skoolregistrasiestelsel in Gauteng kies skool namens ouers

Gautengse ouers moet vroegtydig registreer vir 2020-skooljaar

Forum Nuus:

Gauteng-aanlynskoleregistrasies uitgestel na 20 Mei danksy AfriForum en SOS

Soortgelyke plasings