--> -->
Spyskaart +

#VirSkole

Augustus 16, 2018 deur Mareli Rall

Voorgestelde veranderde regulasies vir Gautengse skole in 2019

 

Panyaza Lesufi, die Gautengse LUR vir onderwys, het sy veldtog teen skole met effektiewe beheerliggame (en ouers!) voortgesit nadat hy ʼn hofloesing in die Overvaal-saak gekry het. Sy voorgestelde wysigings aan die toelatingsregulasies van leerlinge by Gautengse skole is op 30 Julie in die Staatskoerant gepubliseer en is bloot sy manier om die Overvaal-uitspraak te omseil en sy transformasieagenda verder te voer.

AfriForum, die Skoleondersteuningsentrum (SOS) en Solidariteit beplan om duisende bekommerde ouers, onderwysers en lede van die publiek te mobiliseer om vóór 29 Augustus hul kommentaar téén die regulasies in te dien.

Wat sal die gevolg wees indien dié regulasies ingestel word?

  1. Ouers sal nie meer kan kies in watter skool hulle hul kinders wil plaas nie. Ná die aanlyn-aansoekproses sal die LUR vir onderwys (Lesufi) alleen kan besluit watter kind in watter skool sal wees.
  2. Skole sal nie meer kan aandui hoeveel kinders hulle kan akkommodeer nie. Die LUR vir onderwys (Lesufi) gaan skole inlig hoeveel kinders ingeneem moet word. Beheerliggame kon voorheen die kapasiteit bepaal en daarvolgens werk, maar die nuwe regulasies stel Lesufi in staat om skole te dwing om leerlinge in te neem, ongeag of daar kapasiteit is of nie.
  3. Skole sal nie meer hul taalbeleid kan toepas nie. Omdat die LUR vir onderwys (Lesufi) leerders eensydig in skole plaas, word skole se taalbeleide in geheel verontagsaam. In praktyk sal alle skole dan uiteindelik enkelmediumskole met Engels as onderrigtaal word. Beheerliggame se besluitnemingsmag oor skole se taalbeleid word hierdeur effektiewelik weggeneem.

Lewer kommentaar en help ons om Lesufi te stuit

Instruksies:

Voltooi jou besonderhede volledig en merk watter van die ondergenoemde kommentaar jy graag wil instuur.

 

 

Hier is die voorgestelde datum van die openbare verhore:

Donderdag 23 Augustus 2018
17:00
Mondeor High School
Beauvallaan 214
Mondeor
Maandag 27 Augustus 2018
17:00
Krugersdorp High School
Cornelius Mollstraat 1,
Monument-uitbreiding, Krugersdorp
Dinsdag 28 Augustus 2018
17:00
Hoërskool Overvaal
Reynoldstraat 7,
Falconridge, Vereeniging
Woensdag 29 Augustus 2018
17:00
Edenvale High School
Linksfieldweg 1,
Edenvale
Donderdag 30 August 2018
17:00
Bryanston High School
Tramoreweg 8
Bryanston, Sandton