--> -->
Spyskaart +

Ekurhuleni-straat- en gebounaamsveranderinge

Maart 18, 2019 deur Admin

Die Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit beplan om naamsveranderinge met betrekking tot verskeie strate én geboue in en rondom die Oos-Rand aan te bring. Hierdie veranderinge gaan miljoene rande beloop en die belastingbetaler sal eenvoudig daarvoor moet opdok. Dit is dus ’n totale wanbesteding van fondse wat op ander noodsaaklike dienste bestee kon word. Voorts word die openbare vergaderings op kort kennisgewing in gebiede gekommunikeer wat nie direk deur die veranderinge geraak word nie.

AfriForum se Oos-Rand-takke staan hierdie besluit teen en moedig die gemeenskap aan om die organisasie se aanlyn petisie te ondersteun deur jou naam by die klagte te voeg wat ons teen die metroraad gaan bring.

Kommentaar moet teen 3 April 2019 ingedien word. Stuur ook enige skriftelike kommentaar aan Hendrick Boya by hendrick.boya@ekurhuleni.gov.za of skakel hom by 011 999 3357.

Voeg jou naam tot ons klag: