Spyskaart +

Dink of Sink 2018

April 19, 2017 deur Admin

Kompetisie agtergrond:

Die laaste paar jaar het die Dink of Sink-onvoorbereide debatskompetisie van krag tot krag gegaan. Vanaf 2017 spog ons met ’n kompetisie wat in drie streke plaasvind: Noordstreek, Suidstreek en Sentralestreek; en dan uiteindelik ook ’n Nasionale finaal.

Die entoesiasme het verder so toegeneem dat ons selfs ’n universiteitsbeen ook bygebring het. Dink of Sink-nasionale universiteitsdebatkompetisie vind reeds van April 2017 jaarliks plaas.

In 2018 sit ons die Dink of Sink debat stryd met entoesiasme voort in drie spesifieke streke: 

Die Suidstreek:

Die onvoorbereide Dink of Sink-debatskompetisie se uitdunne in die Suidstreek (Wes-Kaap, Noord-Kaap en Oos-Kaap) vind hierdie jaar plaas op 18 Mei 2018 by die Hoërskool D.F. Malan in Bellville.

Kyk gerus na die Groot Ontbyt insetsels van 2017 se finaal hier:

Dink of Sink: 16 Oktober 2017
Dink of Sink: 17 Oktober 2017
Dink of Sink: 18 Oktober 2017
Dink of Sink: 19 Oktober 2017
Dink of Sink: 20 Oktober 2017

Nasionale wenners:
Seniors: Hoërskool Nelspruit
Juniors: Hoërskool D.F. Malan

Die Sentralestreek met provinsies:

Vrystaat, Noord-Kaap en Noord-oos Kaap.  Die uitdunne vir die Sentralestreek vind vanjaar op 2 Augustus 2018 by Oranje Meisieskool Sekondêr in Bloemfontein plaas.

Die Noordstreek met provinsies:

Noordwes, Gauteng, Limpopo, Mpumalanga en KwaZulu Natal.  Die uitdunne vir die Noordstreek vind op 24 Augustus 2018 by Hoërskool Montana in Pretoria-Noord plaas.

Ons nooi graag skole van al die bogenoemde provinsies uit om aan Dink of Sink 2018 deel te neem.

Die drie sterke se finaal sal by AfriForum se hoofgebou plaasvind op 20 Oktober 2018 sodat die finale debatte in ons Forum Films ateljee opgeneem kan word.

Formaat van die kompetisie en beoordeelstaat:

Die formaat van die kompetisie, beoordeelstaat en inskrywingsvorm vir die Noord streek kompetisie kan op die webblad afgelaai word.

Beoordeelstaat | Inskrywingsvorm | Formaat die Dink of Sink Kompetisie

Vir die Suidstreek inskrywingsvorm kontak: Gert Visser by gvisser@dfmalan.com of isentrum@dfmalan.com

Vir die Sentralestreek inskrywingsvorm kontak:  Erika Steyn by erika@oranjemeisies.co.za

Indien daar enige navrae is of inskrywingsvorms vir die betrokke uitdunne verlang word kan Carien Bloem by carien.bloem@afriforum.co.za ge-epos word.

Dink of Sink word met trots aangebied in samewerking met:

Beeld, Die Burger, Volksblad, Netwerk24, Hs DF MALAN, ORANJE MEISIESKOOL SEKONDÊR en Hs MONTANA.

Kyk gerus na die uitdunrondes van vorige jare op YouTube: Dink of Sink.