Spyskaart +

Dink of Sink 2017

April 19, 2017 deur Admin

Kompetisie agtergrond:

Dink of Sink is ʼn onvoorbereide debatskompetisie wat al reeds vir jare in die Vrystaat, Noordkaap en Wes-Kaap plaasvind en ʼn groot treffer onder hoërskool leerlinge is.

AfriForum het besluit om deel te word van hierdie wonderlike inisiatief omdat dit vir ons belangrik is om Afrikaans te bevorder en uit te bou op talle terreine maar ook om ons jeug met waardevolle vaardighede toe te rus soos om op jou voete te kan dink.  Standpunt in te stel en jou opponent oortuig met feite en algemene kennis.  Hierdie is ʼn wonderlike platvorm om juis dit te ontwikkel.

In 2016 het vier provinsies aan die kompetisie deelgeneem;  Gauteng, Vrystaat, Noord-Kaap en Wes-Kaap.  Die wenners van elke provinsie het in die provinsiale finaal op 24 September teen mekaar in Gauteng by AfriForum se hoofgebou kom deelneem en dit was sowaar die junior en senior span van Oranje in die Vrystaat wat met die louere weg gestap het.

In 2017 sit ons die Dink of Sink debat stryd met entoesiasme voort in drie spesifieke streke: 

Die suidstreek:

Die onvoorbereide Dink of Sink-debatskompetisie se uitdunne in die suidstreek (Wes-Kaap, Noord-Kaap en Oos-Kaap) het op 19 Mei 2017 by die Hoërskool D.F. Malan in Bellville plaasgevind. Die kompetisie was vanjaar weer eens baie populêr onder die skole en leerders in die Wes-Kaap en het met 120 sprekers van meer as 16 skole gespog.

Die spanne het die middag vuurwarm met skerp en flinke tonge gedebatteer, maar uiteindelik het beide die junior- en seniorspan van die Hoërskool D.F. Malan met die louere weggestap. Hierdie twee spanne sal gevolglik in September vanjaar teen die wenners van onderskeidelik die sentrale en noordstreek om die nasionale titel meeding.

Kyk die Groot Ontbyt insetsels hier:

Dink of Sink: 5 Junie 2017
Dink of Sink: 6 Junie 2017
Dink of Sink: 7 Junie 2017

Die Sentrale streek met provinsies:

Vrystaat, Noord Kaap en Noordoos Kaap.  Die uitdunne vir die Sentrale streek sal op 3 Augustus 2017 by die C&N Oranje Meisieskool in Bloemfontein.

Die Noord streek met provinsies:

Noordwes, Gauteng, Limpopo, Mpumalanga en KwaZulu Natal.  Die uitdunne vir die Noord streek sal op 25 Augustus 2017 by Hoërskool Montana in Pretoria Noord plaasvind.

Ons nooi graag skole van al die bogenoemde provinsies uit om aan Dink of Sink 2017 deel te neem.

Die drie sterke se finaal sal by AfriForum se hoofgebou plaasvind op 23 September 2017 sodat die finale debatte in ons ForumFilm ateljee opgeneem kan word.

Formaat van die kompetisie en beoordeelstaat:

Die formaat van die kompetisie, beoordeelstaat en inskrywingsvorm vir die Noord streek kompetisie kan op die webblad afgelaai word.

Beoordeelstaat | Inskrywingsvorm | Formaat die Dink of Sink Kompetisie

Vir die Suid streek inskrywingsvorm kontak: Gert Visser by gvisser@dfmalan.co.za

Vir die Sentrale streek inskrywingsvorm kontak:  Erika Steyn by erika@oranjemeisies.co.za

Indien daar enige navrae is of inskrywingsvorms vir die betrokke uitdunne verlang word kan Carien Bloem by carien@afriforum.co.za ge-epos word.

Dink of sink word met trots aangebied in samewerking met:

Beeld, Die Burger, Volksblad, Die Groot Ontbyt, Hs DF MALAN, C&N ORANJE MEISIESKOOL, Hs MONTANA  (Almal se logo’s moet ingevoeg word)

Kyk gerus na die skakels van Gauteng uitdunrondes asook die provinsiale finaal:

DINK OF SINK GAUTENG UITDUNRONDTE 2016:

Insetsel 1:

https://www.youtube.com/watch?v=R38hL46T07s

Insetsel 2:

https://www.youtube.com/watch?v=jUdeBNUtSjo

Insetsel 3:

https://www.youtube.com/watch?v=46ORy1cQBSs

Insetsel 4:

https://www.youtube.com/watch?v=GUdmwyLAxZc

Insetsel 5:

https://www.youtube.com/watch?v=j-gOwiC6U2E

DINK OF SINK FINAAL 2016

Insetsel 1:
https://www.youtube.com/watch?v=oiknoF3kefU

Insetsel 2:
https://www.youtube.com/watch?v=xYz2eoq4z6A

Insetsel 3:

https://www.youtube.com/watch?v=taS-bRgI6QM

Insetsel 4:

https://www.youtube.com/watch?v=axkQos9n9Fs

Insetsel 5:

https://www.youtube.com/watch?v=6Bfl4B7uvXw