Dink of Sink 2019

Kompetisie agtergrond:

Dink of Sink is ’n onvoorbereide debatskompetisie wat al reeds vir jare in die Vrystaat, Noord-Kaap en Wes-Kaap plaasvind en ’n groot treffer onder hoërskoolleerlinge is.

AfriForum het besluit om deel te word van hierdie wonderlike inisiatief omdat dit vir ons belangrik is om Afrikaans te bevorder en uit te bou op talle terreine, maar ook om ons jeug met waardevolle vaardighede toe te rus soos om op jou voete te kan dink, standpunt in te neem en om jou opponent met feite en algemene kennis te oortuig. Hierdie is ’n wonderlike platvorm om juis dít te ontwikkel.

In 2016 het vier provinsies aan die kompetisie deelgeneem, Gauteng, die Vrystaat, Noord-Kaap en Wes-Kaap. Die wenners van elke provinsie het in die provinsiale finaal teen mekaar in Gauteng by AfriForum se hoofgebou deelgeneem waar die junior en senior span van Hoër Meisieskool Oranje in die Vrystaat met die louere weggestap het.

In 2017 het ons die Dink of Sink-debatstryd met groot entoesiasme voortgesit in drie spesifieke streke met ons mediavennote Die Burger, Beeld en Volksblad.

Sien asseblief die KOMPETISIEDATUMS vir 2019

  1. Die Suid-streek met provinsies: (Die Burger)
    Wes-Kaap, Noord-Kaap en Oos-Kaap. Die uitdunne vir die Suid-streek vind plaas by Hoërskool D.F. Malan in Bellville op 26 Julie 2019.
  2. Die Sentraal-streek met provinsies: (Volksblad)
    Vrystaat, Noord-Kaap en Noordoos-Kaap. Die uitdunne vir die Sentraal-streek vind plaas by Hoër Meisieskool Oranje in Bloemfontein op 1 Augustus 2019.
  1. Die Noord-streek met provinsies: (Beeld)
    Noordwes, Gauteng, Mpumalanga en KwaZulu-Natal. Die uitdunne vir die Noord-streek vind plaas by Hoërskool Montana in Pretoria-Noord op 16 Augustus 2019 en by Hoërskool Merensky in Limpopo op 12 Julie 2019.

Die nasionale finaal vind plaas op 5 Oktober 2019 in Pretoria.

PRYSE:
Wenners ontvang elkeen ’n geraamde sertifikaat en ’n trofee, asook ’n geskenkbewys van R500.

Tydens die nasionale finaal ontvang wenners geskenkbewyse van ’n R1 000 elk.

Die wenskole ontvang ook elkeen ’n studiebeurs van die Solidariteit-beweging se tersiêre instansie Akademia vir ’n leerder van hul keuse.

Indien daar enige navrae is of inskrywingsvorms vir die betrokke uitdunne verlang word, kan Carien Bloem by carien.bloem@afriforum.co.za ge-e-pos word.

Kyk gerus na die skakels van 2018 se nasionale finaal:

2018 Dink of Sink Finaal: Episode 1
2018 Dink of Sink Finaal: Episode 2
2018 Dink of Sink Finaal: Episode 3

Vorige jare se uitdunne kan ook op YouTube gekyk word onder “Dink of Sink”

Beoordeelstaat | Inskrywingsvorm | Formaat die Dink of Sink Kompetisie

Dink of Sink word met trots aangebied in samewerking met:

Beeld, Die Burger, Volksblad, Hoërskool D.F. Malan, C&N Oranje Meisieskool, Hoërskool Montana en Hoërskool Merensky

Kyk gerus na die uitdunrondes van vorige jare op YouTube: Dink of Sink.

 

Soortgelyke plasings