|

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) maak om 14:00 vandag ’n verslag oor plaasmoorde bekend.

Die  Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) maak om 14:00 vandag ’n verslag oor plaasmoorde bekend.Dié verslag, waarin AfriForum gelyk gegee word dat die regering en politici plaasaanvalle en –moorde skerper moet veroordeel, sal aan die regering oorhandig word.

Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het gesê in die lig van die wrede moorde en aanvalle wat op plase voortgaan, moet met dringendheid van die MRK-verslag kennis geneem word en aanbevelings om die vergrype hok te slaan, moet so spoedig moontlik inwerking gestel word.

Roets het gesê die burgerregte-organisasie sal voortgaan om te eis dat die polisie plaasmoorde as misdaad moet prioritiseer.

Volgens AfriForum en TLU SA se syfers is meer as 30 mense sedert die begin van die jaar in plaasaanvalle vermoor en sedert 1990 sowat 1 700.

Van die aanbevelings in die verslag wat bekend gemaak word, is:

  1. Wetstoepassingsliggame soos die polisie en die nasionale vervolgingsgesag (NVG) moet hul betrokkenheid opskerp om misdade teen landbougemeenskappe te help beveg.
  2. Die goeie verhoudinge wat daar op baie plase tussen boere en hul werkers is, moet meer beklemtoon word.
  3. Howe moet beter ingelig word oor die omstandighede van landbougemeenskappe wanneer sake oor byvoorbeeld borgtog vir oortreders aangehoor word.
  4. Die polisie moet riglyne neerlê vir sigbare polisiëring van landelike en plaasgemeenskappe.
  5. Die samelewing moet leer om boere te waardeer.

 

Soortgelyke plasings