Wenk 1 | SLIM-kop | Wees ʼn slimkop en studeer hard vir die eindeksamen. Dit is nie die MOEILIKSTE eksamen wat jy ooit gaan skryf nie, maar definitief die BELANGRIKSTE! |
Wenk 2 | SLIM-kos | Het jy geweet dat hoewel jou brein jou liggaam se beheersentrum is, dit maar slegs 2% van jou totale liggaamsgewig beslaan. Tog, indien jy die regte hoeveelheid kilojoules inneem om jou liggaamsgewig in stand te hou, word 20% van daardie energie aangewend om jou grysstof van krag te voorsien. Neem genoeg van die volgende in: WATER, vars vrugte en groente, neute en rooivleis! Hou ʼn pakkie Super C’s in jou pennesakkie! |
Wenk 3 | SLIM-wees | BEPLAN: Maak seker jy het genoeg voorbereidingstyd om deur al jou werk te kom. VAT ʼn BREUK: Maak gebruik van gereelde blaaskanse! Gaan stap om die blok en kry vars lug! ONTSPAN! Gee jouself genoeg tyd om te ontspan ná ʼn vraestel of ʼn paar dae se aaneenlopende leer. Gaan kyk ʼn goeie film of gaan slaap vroeg. Sluit af, sodat jou brein vars is vir die volgende dag! |
Wenk 4 | SLIM vang sy baas | MOENIE bloot “skat” nie…Toets jouself. Sê elke afdeling van die werk wat jy geleer het, hardop vir jouself op – en wanneer jy oor enigiets twyfel, raadpleeg net weer vlugtig jou diagram of handboek. Doen dit oor en oor en oor totdat jy dit vlot ken en glad nie meer nodig het om na die papiere te kyk nie. En kom later, soos byvoorbeeld die volgende dag, terug na die betrokke afdeling en “resiteer” dit nog ’n keer vir jouself.
Probeer onthou wat die onderwyser te sê gehad het oor sleutelafdelings in jou leerwerk en wat hy of sy daarin benadruk het. |
Wenk 5 | SLIM-studie | Vermy STRES só:
|