|

De Goede Hoop-studente kry gratis lidmaatskap by Harlequins-sportklub

Studente van De Goede Hoop, ’n tuiste vir dinamiese studente met Christenwaardes en ’n passievolle gees vir Afrikaans, kry nou gratis lidmaatskap by die Harlequins-sportklub in Pretoria.

Dit sluit onder meer gratis toegang tot die klub se rugby-, netbal-, muurbal-, rolbal-, hokkie- en krieketgeriewe in, asook afslag by die klub se restaurante. Lede ontvang ook ’n lojaliteitskaart en Harlequins-spandrag.

Studente wat meer kultuurgedrewe is, het steeds ondersteunersvoordele soos afslag by die restaurante en hulle kry ook ondersteunersdrag.

De Goede Hoop, ’n privaat Afrikaanse koshuis, is geleë in Walkerspruit, Pretoria, sowat een kilometer van Tuks se hoofkampus en sowat twee kilometer van die Groenkloof-kampus.

Dit bestaan uit sowel ’n mans- as damesvleuel. Mans en dames kan dus gesamentlik op een perseel, maar afsonderlik in verskillende vleuels woon en só aan die studentelewe deelneem.

De Goede het ook vanjaar deelgeneem en goed gevaar by die Harlequins Koshuis-sewestoernooi vir rugby en netbal. Die burgerregte-organisasie AfriForum het as hoofborg by dié toernooi opgetree, waartydens verskeie rugby- en netbalspanne van universiteitskoshuise van onder meer die Wes-Kaap, Vrystaat, Noordwes en Gauteng met mekaar meegeding het.

Daar is steeds enkele kamers vir mansstudente beskikbaar. Vir meer inligting besoek http://www.degoedehoop.co.za/aansoeke/.

Soortgelyke plasings