|

De Goede Hoop-koshuis se huiskomitee ploeg terug in hul gemeenskap

Die De Goede Hoop-koshuis het gister sy eerste huiskomiteelede (HK-lede) vir 2017 tydens ʼn gemeenskapsprojek in Derdepoort, Pretoria, bekend gemaak waar hulle kinders by ʼn kleuterskool met speletjies en versnaperings verras het.

De Goede Hoop is ’n privaat koshuis wat deur AfriForum gefinansier word en op ’n Christelike grondslag geskoei is. Dit sal onafhanklik van die Universiteit van Pretoria (UP) se ander koshuise funksioneer.

Volgens Janli Sonntag, woordvoerder van De Goede Hoop, het die kleuters die HK-lede se harte tydens hul besoek geroer.

Sy sê voorts dat hoewel dié studente binnekort met hul eksamens begin, hulle die belangrikheid van gemeenskapsbetrokkenheid en uitreikprojekte besef.

“Die komitee het ná hul besoek besef hoe baie ons steeds by kindertjies kan leer en hoe belangrik dit vir ons is om terug te ploeg in ons gemeenskappe.”

Met sy nuwe huiskomitee is De Goede Hoop, wat beskryf word as ʼn kultuurinstelling wat verblyf bied vir alle studente wat gemaklik binne die Afrikaanse gemeenskap voel, gereed om sy deure in 2017 oop te maak.

Na afloop van ʼn strawwe keuringsproses is die volgende studente as dié koshuis se heel eerste HK aangewys:

  • Andries Oelofse
  • Joanné le Roux
  • Shané Snyman
  • Daniëlle Olivier
  • Conrad Eskteen
  • Carli Kuhn
  • Ernst Malherbe
  • Isabel Smith
  • Joshua Mey
  • Cormari Nel
  • Nico de Jong
  • Lindi Erasmus
  • Nico de Klerk
  • David Kuun
  • Eckard Engelbrecht

Verseker jou plek in die koshuis en volg hierdie skakel om jou aansoekvorm af te laai: http://degoedehoop.co.za/wp-content/uploads/…/07/Aansoek.pdf

Stuur die voltooide vorm terug aan admin@degoedehoop.co.za.

Aansoeke sluit einde Oktober.

Vir verdere navrae kontak Janli Sonntag by 012-644-3458 of stuur ʼn epos aan admin@degoedehoop.co.za

Soortgelyke plasings