Header Artwork
Dag drie van #HardloopvirHoop: Reitz tot Bethlehem

Die derde dag van die ultramaratonatleet Bennie Roux (41) se hardloopprojek het vanoggend om 08:00 in Reitz begin. Roux en ander atlete het vandag 50 km gehardloop en in Bethlehem geëindig. Dié atlete hardloop ten bate van AfriForum se Trauma-ondersteuningseenheid om geweldslagoffers – veral slagoffers van plaasaanvalle en ‑moorde – te ondersteun.

Hy het om 17:00 by die Christensentrum in Bethlehem aangekom, waar hulle ’n 5 km-pretloop saam met kinders en gemeenskapslede gehardloop het en ook ’n muntlegging gehou het.

“Ons beoog om altesaam 250 km af te lê as fondsinsameling vir AfriForum se Trauma-ondersteuningseenheid, om plaasaanvalslagoffers te help. Die doel van #HardloopvirHoop is verder om bewustheid rondom hierdie gewelddadige misdaad te skep. Ek glo dat bewusmaking een van die belangrikste manier is om die aandag op plaasaanvalle te vestig en die regering te dwing om meer te doen om boere te beskerm,” sê Roux.

Roux wil graag ook vir Ensign Storage Solutions bedank vir hul bydra tot die veldtog. “Hulle het deur die loop van die week ‘n ondersteuningsvoertuig gehad wat heeltyd saam met ons op die pad was. Hulle het ook bykans R15 000 se vleis geborg en op elke dorp vir ons span en die plaaslike skole gebraai.”

“Die ondersteuning van die plaaslike inwoners, asook die skenkings wat AfriForum se Trauma-ondersteuningseenheid ontvang het, is bemoedigend. Ons hoop dat hierdie projek mense se bewustheid rondom plaasaanvalle sal verhoog en ons is baie dankbaar vir die bydraes en goeie ontvangs wat ons tot dusver gekry het,” sê Johan Kloppers, #HardloopvirHoop-woordvoerder van AfriForum se Trauma-ondersteuningseenheid.

Die #HardloopVirHoop-roete lyk verder as volg:

  • 25 Oktober: Roux spring by Lavender Hill op die N5 weg en hardloop na Fouriesburg. ’n Poeierverfpretloop (colour run) vind om 12:00 by die Fouriesburg Intermediêre Skool plaas.
  • 26 Oktober: Hy spring in Fouriesburg weg en sluit die dag by die Roosfees by die Oranje Gasteplaas af.

Jy kan die projek só ondersteun:

  • ’n Skenking: Skenk ’n bedrag per km (50c, R1, R5, R100 en so meer: 50c per km is byvoorbeeld R125).
  • Skenkings kan aan die slagofferfonds gemaak word by:

Begunstigde: AfriForum NPC
Bank: FNB
Rekeningnommer: 623 498 983 98
Tak: Centurion
Takkode: 261-550
Verwysing: Hardloop vir Hoop

Die Trauma-ondersteuningseenheid lewer ’n baie unieke, persoonlike diens aan slagoffers van geweldmisdaad – veral slagoffers van plaasaanvalle. Die eenheid is in 2015 gestig en het sedertdien uitgebrei weens die toename in misdaad en veral plaasaanvalle. Die eenheid het al 238 mense ondersteun, waarvan 38 kinders is. Die eenheid verskaf ook kos aan behoeftige slagoffers en bied ondersteuning met byvoorbeeld basiese mediese uitdagings, die voorsiening van klere, ondersteuning tydens hofsake, die afneem van verklarings en, in sekere gevalle, die nodige sielkundige ondersteuning.

Kontak trauma@afriforum.co.za vir meer inligting.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN