|

Covid-19-taakspan versprei vyf ton vars produkte in Pretoria-omgewing

“Wat julle dalk as klein goedjies of dade beskou, bring vir ons groot opwinding. Dit laat ons ou mensies se harte so warm klop. Dankie dat julle in hierdie moeilike tyd aan ons gedink het.”

Só sê Joan Labuschagne, voorsitter van die Cappie-tehuis vir bejaardes, een van 20 tehuise waar die Covid-19-taakspan, bestaande uit AfriForum, Helpende Hand en Saai, vandag meer as 5 ton vars produkte versprei het. Hierdie inisiatief behels dat voedsel en noodsaaklike items aan behoeftige individue, gesinne en instansies regoor die land versprei gaan word, veral in die huidige moeilike omstandighede waarin verskeie gemeenskappe hulleself bevind.

Die organisasies doen ’n beroep op mense om, indien hulle in dié tyd van inperking goedere gaan aankoop, iets ekstra te koop en by die Josef Silo’s in hul gebied te gaan aflaai. As die inperking verby is, sal die geriewe vir ’n geruime tyd bedrywighede voortsit totdat die krisistyd verby is. Alle voorsorgmaatreëls sal getref word om die publiek se veiligheid te verseker.

Mense kan ook skenkings maak aan die Solidariteit Beweging se noodfonds om hierdie projek te ondersteun.

Rekeninghouer:        Solidariteit Helpende Hand
Bank:                          FNB
Rekeningnommer:    62 331 445 503
Tak:                            Centurion (takkode: 250 655)
Verwysing:                Korona
Swift-kode:                FIRN ZA JJ

Besoek www.helpendehand.co.za en klik op die skakel vir maatskaplike hulp om aansoek te doen vir hulp.

Soortgelyke plasings