|

Covid-19-taakspan versprei voedsame kitsmaaltye aan 1 000 gesinne

“Ek is doodseker dat die mense wat voedselhulp wil sentraliseer nog nie daar waar die nood druk was nie. Dít is die punt waar dit heeltemal geregverdig is om vir die regering “nee” te sê. Of jy nou aan die gee of ontvang kant is, ons is almal saam en ons gaan saam swem of saam sink.”

Só sê dr. Theo de Jager, direksievoorsitter van Saai, wat vandag in samewerking met Helpende Hand en AfriForum voedsame Genesis-kitsmaaltye, wat deur Laeveld Agrochem geborg is, aan meer as 1 000 hulpbehoewende gesinne in Pretoria, Bloemfontein en Kaapstad versprei het.

Soortgelyke plasings