--> -->
Spyskaart +

Clive Derby-Lewis se aanhouding is menseregskending – AfriForum

Januarie 30, 2015 deur Mariska Batt

Adv. Michael Masutha, minister van justisie en korrektiewe dienste, se besluit om nie vir Clive Derby-Lewis vry te laat nie veroorsaak ʼn menseregte vernedering vir Suid-Afrika omrede demokratiese prosesse nie demokratiese uitkomste kry nie, maar deur politiek gedikteer word.

“Die pleidooi is bloot dat gelykheid voor die reg moet geskied. Schabir Shaik, ’n veroordeelde misdadiger, dien twee jaar tronkstraf uit en kry mediese parool terwyl iemand wat byna 80 jaar oud is, gevorderde longkanker het en die afgelope 10 maande in die hospitaal was, parool geweier word,” het Charl Oberholzer, woordvoerder van AfriForum, gesê.

Derby-Lewis is waarskynlik nou een van die oudste gevangenes ter wêreld wat vir parool kwalifiseer, maar dit nie toegestaan word nie. “Daar is duidelik dubbele standaarde in die toestaan van parool en die regering het nou amptelik hulle menslikheid prys gegee,” het Oberholzer gesê.

Sibusiso Ndebele, die voormalige minister van korrektiewe dienste, het met die vrylating van Jackie Selebi gesê dat die departement nie die kapasiteit het om terminaal-siek gevangenes in aanhouding te hou nie.

AfriForum betoon meegevoel met Derby-Lewis se familie en spesifiek ook sy vrou, Gaye.

“Dit is hartseer hoe ʼn regering iemand van sy demokratiese reg op sy sterfbed kan ontneem,” het Oberholzer gesê.