Spyskaart +

Carel Kruger-hofsaak

Augustus 18, 2017 deur Admin

Kom betoog saam vir gelykheid voor die reg en teen dubbelstandaarde!

Carel Kruger is herhaaldelik met bakstene geslaan terwyl hy probeer vlug het van sy aanvallers. Twee van sy aanvallers verskyn op 23 Augustus in die hof. AfriForum het jou steun nodig om te verseker dat alle vorme van geweld en rassisme gelyk behandel word. Dit is belangrik dat hierdie geval dieselfde aandag as die KFC geval geniet.

AfriForum nooi jou uit om saam met ons te betoog vir gelykheid voor die reg en teen dubbelstandaarde.

Ons ondersteun die Carel Kruger-hofsaak sodat ras nie ’n invloed op geregtigheid moet hê nie.

  • Datum: 23 Augustus
  • Tyd:       8:30
  • Plek:      Pretoria-Noord Landdroshof, Hof C. Carel Kruger-hofsaak

Plakkate sal voorsien word.

RSVP: SMS jou naam na 45341 (R1)