Buurtwagspan voorkom kabeldiefstal in Vanderbijlpark


Lede van AfriForum se Vanderbijlpark-buurtwag het op 16 Februarie 2018 ’n vermeende kabeldief gevang en aan die SAPD oorhandig. Die verdagte was na bewering besig om helder oordag by ’n elektriese substasie in Carpentierstraat te probeer inbreek.

“’n Lid van die publiek het kapgeluide gehoor en die buurtwag in kennis gestel. Die buurtwag het ondersoek ingestel en ’n persoon betrap wat aan die binnekant van die heining besig was om een van die veiligheidshekke te probeer opbreek. Die persoon is gearresteer en aan die SAPD oorhandig voordat enige skade aan die substasie of kabels aangerig kon word,” sê Hannes Kruger, ’n lid van AfriForum se Vanderbijlpark-buurtwag.

Mense wat graag by dié tak se aksies en projekte betrokke wil raak, kan afriforumvdb@gmail.com e-pos of “Vdbp” na 45342 SMS (R1).

Soortgelyke plasings