--> -->
Spyskaart +

Buurtwaglede voltooi tien weke lange selfverdedigingskursus

Mei 16, 2019 deur Carina Bester

Altesaam 10 lede van AfriForum se Bellville- en Kraaifontein-buurtwag het die afgelope tien weke ’n selfverdedigingskursus voltooi. Dié kursus is in samewerking met COBRA Self Defense Systems aangebied.

Die buurtwaglede het die kursus ná afloop van die finale klas op Vrydagaand 10 Mei  suksesvol voltooi.

“AfriForum wil gemeenskappe bemagtig om hulself te beskerm en hul sodoende weerbaar maak teen toenemende misdaad,” sê Deon de Jager, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland.